Jy kan alleen wees sonder om eensaam te wees

Jy kan alleen wees sonder om eensaam te wees

‘’Wees sterk en hou moed! Moenie vir hulle bang wees nie! Die Here julle God sal met julle wees. Hy sal julle nie in die steek laat nie en julle nie verlaat nie.” – Deuteronomium 31:6 NLV

Eensaamheid word dikwels ervaar as ‘n innerlike pyn, ‘n vakuum, of ‘n hunkering na liefde. Die newe-effekte daarvan is onder meer gevoelens van leegheid, nutteloosheid of doelloosheid. Daar is baie oorsake vir eensaamheid, maar baie mense besef nie dat hulle nie daarmee hoef te leef nie. Hulle kan dit konfronteer en dit hanteer. Dis belangrik om te besef dat net omdat jy alleen is, dit nie beteken dat jy eensaam moet wees nie. Alhoewel dit nie altyd moontlik is om te vermy om alleen te wees nie, is daar ‘n manier om te voorkom dat jy deur eensaamheid verdruk word. God se Woord vertel ons dat ons sterk en dapper moet wees, want God is altyd met ons. Fisies is jy miskien alleen, maar dit beteken nie dat jy eensaam moet wees nie, want geestelik is God altyd daar. Hy sal jou nooit verlaat nie. Die volgende keer dat daar ‘n gevoel van eensaamheid oor jou kom, versoek ek jou om Deuteronomium 31:6 te onthou. Verklaar hardop dat God met jou is en begin met Hom praat. Soos jy plek maak vir Hom, sal Sy teenwoordigheid jou lewe vul. Jy hoef nie eensaam te wees as God se teenwoordigheid by jou is waar jy ook al jy gaan nie.


Gebedsbeginpunt

Here, ek is so bly dat U altyd by my is. Ek weet ek hoef nooit eensaam te voel met U aan my sy nie.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon