‘’Toe die farao uiteindelik die volk laat gaan het, het God hulle nie kortpad deur die Filistynse gebied laat trek na die land wat Hy vir hulle beloof het nie. Die Here het gesê: “As die volk nou met oorlog moet te doen kry, gaan hulle van plan verander en omvlieg terug Egipte toe.” Daarom het God hulle eerder met die woestynpad in die rigting van die Rietsee laat trek. Hulle het vertrek soos ’n leër wat op mars is.’’ – Eksodus 13:17-18 NLV
God gee ons hoop en drome dat sekere dinge in ons lewens kan gebeur, maar Hy laat ons nie altyd die presiese tydsberekening van Sy plan sien nie. Alhoewel dit frustrerend is om nie die tydsberekening te weet nie, hou dit ons dikwels by die program. As ons die tydsberekening van God aanvaar, kan ons leer om in hoop te leef en ons lewens te geniet terwyl God aan ons probleme werk.
Eksodus 13:17-18 vertel dat God die Israeliete die langer, moeiliker manier op hul reis na die Beloofde Land gelei het omdat Hy geweet het dat hulle nog nie gereed was om in te gaan nie. Daar moes tyd wees vir hul opleiding, en hul moes deur baie moeilike situasies gaan. In die proses het God nooit gefaal om vir hulle te sorg en hulle te wys wat Hy wou hê wat hulle moet doen nie.
Dieselfde is waar in ons lewens… God se opleidingsperiode vereis dat ons net moet doen wat Hy vir ons sê om te doen wanneer Hy vir ons sê om dit te doen, sonder om dit te bevraagteken en te probeer uitredeneer. Dit maak nie saak hoe lank dinge duur nie, ons kan altyd met vertroue weet dat dit beter sal wees as ons God se tydsberekening aanvaar.
Gebedsbeginpunt
Here, ek aanvaar U tydsberekening. Ek verstaan dit miskien nie altyd nie, maar ek weet dat U weë perfek is en dat ek U volkome vertrou.