Alledaagse Antwoorde

Waag Dit Om Te Glo

deur Joyce Meyer

My pa het ‘n Christen geword toe hy 83 jaar oud was. Daar was baie kere, oor al die jare, dat ek gedink het hy sal nooit verander nie! Ek het vir hom bly bid. Goddank, hy het uiteindelik verander – hy het die grootste transformasie van almal beleef.

Om getransformeer te word, beteken jy word heeltemal van binne na buite verander. Wanneer ons Christene word, sê 2 Korintiërs 5:17, ‘’ Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!.’’

Ongelukkig glo mense baie keer dat hulle nie kan verander nie. Dikwels glo hulle nie ander mense kan verander nie. Die enigste een wat nooit verander nie, is God! (Sien Hebreërs 13:8).

‘’Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra.’’ (Efesiërs 3:20 (NLV)

Die vraag is: wat verwag jy moet God vir jou doen? Miskien sukkel jy om te glo dat jou kinders kan verander, jou huwelik kan verbeter, of dat jy ooit gewig kan verloor, ‘n beter werk kan kry of heeltemal uit die skuld kan kom.

Jeremia 29:11 (NLV) sê ‘’Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê ! ‘’ Hy het ‘n wonderlike plan vir jou en jy kan dit waag om te glo dat Hy jou kan genees waar jy seer het en jou kan help met enige probleem wat jy in die gesig staar.

Die sleutel om te hê wat God verlang jy moet hê, is om te leer dink soos Hy dink. Romeine 12:2 leer dat ons verander word deur die vernuwing van ons denke. Ek het verskeie maniere ontdek waarop ons ons denke moet verander sodat ons die lewe kan geniet wat God vir ons wil gee. Ons moet so ons denke verander …

God

Dis baie belangrik vir ons om te weet wie God werklik is. Hy is nie ‘n kwaai God nie en Hy is nie ‘’ongenaakbaar, hardvogtig, venynig of dreigend nie – Hy is gemaklik, genadig en welgevallig …’’ (Matteus 11:30). God het jou lief. As jy weet hoe lief Hy jou nou het, sal jy hoop hê dat dinge in jou lewe kan verander.

Onsself

As jy nie van jouself hou nie, gaan jy moeilikheid hê op elke gebied van jou lewe. Moenie perfeksie van jouself vereis nie. Niemand is perfek nie en maak nie saak wat ons doen nie, ons dink gewoonlik nie dit is genoeg nie – ons bid nie genoeg nie, werk nie hard genoeg nie, bestudeer die Bybel nie genoeg nie en so gaan die lys aan.

God het dit eendag op my hart gelê, ‘’Joyce, jy is nooit genoeg nie, maar Ek is altyd meer as genoeg.’’

Dis hoekom Jesus gekom het! Ons is geneig om te dink aan al die dinge wat verkeerd is, maar Jesus wil hê dat ons fokus op al die dinge wat reg is met ons. Hy wil hê ons moet glo dat ons kan doen wat ons ook al deur Hom moet doen. (Sien 2 Kor 5:21; Joh 15:5; Fil 4:13).

Wat Ander Van Ons Dink

Dis maklik om toe te laat dat wat ander sê of doen ons raak. Ek is seker dat ons almal al op een of ander tyd gedink het, as jy nie van my hou nie, is my dag verwoes!

Die waarheid is dat as ons meer besorg is daaroor om mense tevrede te stel eerder as vir God, word ons nie wie God ons geskep het om te wees en te doen waarvoor Hy ons geroep het nie. (Gal 1:10).

Die grootste ding wat ons ooit kan doen, is om te leer wie ons in Christus is en al ons waarde van Hom te ontvang. Soos ons dit doen, sal ons vry wees om God te gehoorsaam en die leiding van die Heilige Gees te volg in plaas daarvan om altyd ander mense te behaag en ons waarde daaruit te put.

Beproewings en moeilikhede

Ek moedig jou aan om Jakobus 1:2-4 (NLV) te lees. My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer ’n mens se geloof ’n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan Volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.’’ Hoekom? Hoekom moet jy opgewonde raak oor moeilike dinge in jou lewe? Want die ‘’beproewing en bewys van jou geloof’’ is wat God gebruik om jou ‘’ten volle te ontwikkel en jy aan niks kortkom nie.’’


God neem die moeilike dinge – die onregverdige dinge, die dinge waarvan ons nie hou nie – en Hy gebruik dit om ons geloof te versterk en ons te help groei. God veroorsaak nooit pyn of lyding nie, maar Hy sal dit gebruik om ons te help om te kom waar ons moet wees.

Ek het ‘n punt in my lewe bereik waar ek kan terugkyk en dankbaar kan wees vir die beproewings wat ek verduur het; God het dit gebruik om my sterker te maak. Om die waarheid te sê, ek sou nie gedoen het wat ek nou doen as ek nie deur sekere dinge moes gaan nie!

God wil jou pyn vir jou gewin gebruik as jy Hom toelaat. Wanneer dinge gebeur waarvan jy nie hou nie – selfs dinge wat klaarblyklik God se plan verwoes – is dit die perfekte plan om te waag om te glo. Dis tyd om te vertrou dat God enige iets en alles kan gebruik om jou te help groei, verander … en te wandel in Sy volmaakte wil vir jou lewe.

 

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon