Alledaagse Antwoorde

God se Woord Werk Regtig

deur Joyce Meyer

God se Woord Werk Regtig

Mense vra my gereeld vrae soos, ‘’Joyce, wat is die geheim om ‘n wonderlike lewe te hê?’’ of ‘’Wat moet ek doen om suksesvol te wees in my werk of bediening?’’

Ek dink baie keer soek mense na my om vir hulle ‘n diep, uitgebreide antwoord te gee wat hulle nog nooit vantevore gehoor het nie. Dit is egter baie eenvoudig. As ons ‘n wonderlike lewe wil hê – ‘n lewe van vryheid wat ons werklik geniet – begin dit alles met die lees en bestudering van God se Woord.

Jesus sê in Johannes 8:31-32, …Toe het Jesus vir die Jode wat tot geloof in Hom gekom het, gesê: “As julle in ’n noue verbintenis aan my boodskap leef, is julle my egte navolgers; en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak.” NLV).

Dit is een van my gunsteling gedeeltes in die Skrif. In die begin van my pad met God – toe my lewe ‘n gemors was en ek nie kon dink om ooit werklik vry te wees nie – het ek styf vasgehou aan Sy belofte.

Ek dink ‘n belangrike deel van hierdie Skrif is die woord volhard, wat beteken ‘’voortgaan’’. In hierdie dae voel ons goed om dinge ‘n paar dae of ‘n paar weke te probeer om te sien of dit ‘n verskil maak. Maar God se Woord is nie iets wat ons probeer nie – dit is ‘n verbintenis wat ons maak, met die wete dat dit lewensveranderende resultate sal lewer as ons daarby sal bly.

Ek sal nooit die vrou vergeet wat ek ‘n paar jaar gelede by een van my konferensies ontmoet het nie. Sy het my genader en gesê, “Joyce, ek het na jou boodskappe geluister en besluit om dit te probeer. Maar na twee weke het ek nie enige veranderinge opgemerk nie.’’

Ek het vir hierdie kosbare vrou vertel wat ek vandag vir jou sê: dit sal nie oornag gebeur nie, maar as jy voortgaan in God se Woord en weier om op te gee in jou verhouding met God, sal jou lewe verander.

Jesus sê in Markus 4:24: …Hy het ook vir hulle gesê: “Maak seker dat julle goed aandag gee aan wat julle van My hoor. Hoe meer julle luister, hoe meer sal julle verstaan – en julle sal boonop nog meer ontvang. (NLV).

Ek hou baie hiervan, want dit is so prakties. Hier sê Jesus, ‘’ jy sal daaruit kry wat jy daarin sit.’’ Wanneer jy die Woord lees of luister, moedig ek jou aan om dit te benader met ’n gesindheid wat sê, ‘’Ek gaan doen wat God sê om te doen.’’ Want wanneer jy Sy Woord met ‘n gewillige hart benader, sal jy openbaring en begrip ontvang. God se Woord sal jou waarheid wys wat jou sal help om die leuens van die vyand te bekamp.

Vandag is ek ‘n wandelende getuienis van Johannes 8:32. God het my op soveel gebiede vrygemaak en Hy gaan voort om my vry te maak terwyl ek in Sy Woord bly en ‘n verhouding met Hom nastreef.

Wat Sal God se Woord vir Jou Doen?

Johannes 1:1 sê, Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God. (NLV).

Jesus is die Woord van God! En wanneer ons die Woord bestudeer, versterk ons ons verhouding met Hom omdat ons tyd saam met Hom deurbring.

Om God se Woord te bestudeer is uiters waardevol omdat ons ontdek wie God werklik is – Sy karakter en eienskappe. Ons ontdek ook Sy beloftes en die goeie dinge wat Hy vir ons lewens beplan het.

Hier is net ‘n paar dinge wat God se Woord vir ons doen…

  1. God se Woord het die krag om ons verstand te vernuwe en die manier waarop ons dink en optree te verander (Rom 12:2; 1 Kor 2:16)
  2. Dit leer ons wysheid sodat ons weet hoe om elke situasie wat ons in die lewe in die gesig staar te hanteer (Spreuke 3:5-7)
  3. Dis ‘n boek van troos wat genesing in ons lewens bring (Ps 103; 2 Kor 1:3)

Ek het onlangs gaan sit en ‘n lys opgestel van sommige van die dinge wat God se Woord vir ons doen en ek het vinnig 40 bereik! Alhoewel daar beslis meer is, dink ek hierdie lys gee ons ‘n redelike goeie idee van hoe wonderlik Sy Woord werklik is.

Soek jy krag? Probeer dit…

In Psalm 119:28 Ek huil van droefheid; versterk my soos U in u woord beloof. (NLV).

Net soos ons na ‘n vulstasie gaan wanneer ons motor se petrol opraak, sien ek my tyd dikwels in God se Woord soos om by ‘n ‘’Heilige Gees vulstasie’’ te stop. Wanneer die lewe my uitgeput het en my kragte onderdruk het, kan ek na Sy Woord gaan om weer ‘’vol’’ te word.

Jy sien, God se Woord vernuwe ons gedagtes en bring vir ons vrede (sien Rom 12:2). Wanneer ons nadink oor Sy beloftes en die goeie planne wat Hy vir ons het, laat dit letterlik ons gees herleef en vul ons met hoop en verwagting.

God se Woord versterk ons ook om voort te gaan, om nie moed op te gee nie en nie toe te gee aan versoeking nie. Die waarheid is dat ons God se krag nodig het om net te doen wat reg is. Ek word party dae wakker en is dan nie regtig lus om baie vriendelik te wees nie, maar nadat ek tyd in die Woord spandeer het, gee die Here my die krag en begeerte om in liefde te wandel en mense reg te behandel.

Jes 40:31 (NLV) is een van die belangrikste geskrifte in my lewe. Dit sê, Maar die wat op die Here vertrou kry nuwe krag…

Hoe besiger my skedule raak en hoe meer ek moet doen, hoe meer tyd moet ek met God deurbring – Sy Woord lees, met Hom praat in gebed of net stil in Sy teenwoordigheid sit.

Jy was nooit bedoel om dit alleen te doen nie. Wanneer jy moeg of uitgeput is, neem tyd om jouself te verfris en te herlaai met God se Woord. Soos jy dit doen, Sal Hy jou ontmoet waar jy is…en jou die krag gee wat jy nodig het om enigiets wat oor jou pad kom te kan hanteer.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon