“Daarom, soos julle reeds doen, moet julle aanhou om mekaar moed in te praat en geestelik op te bou.” —1 Tessalonisense 5:11 NLV
Een dag toe ek by ‘n kantoorgebou instap, staan ‘n man op en maak die deur vir my oop. Ek het hom bedank en geglimlag.
Hy sê: “Jy is die vyfde persoon vir wie ek die deur oopmaak en die eerste een wat vir my glimlag en die twee een wat dankie sê”.
Ek het hom ‘n tweede keer bedank, met ‘n glimlag op my gesig. Na die tyd dink ek toe, hoe maklik aanvaar ons dinge vanselfsprekend, selfs iets so eenvoudig soos iemand wat die deur vir jou, ‘n vreemdeling, oopmaak.
Ons is gou om mense te eer wat groot dinge vir ons doen, maar hoe gereeld erken ons die klein goedjies?
Wanneer iemand iets vriendelik vir jou doen en jy bedank hulle, bou dit hulle op en dit stig hulle. Dit beteken baie vir hulle, soos vir die man by die kantoorgebou.
Het jou bus vandag betyds gekom? Indien ja, het jy die drywer bedank? Die laaste keer wat jy by ‘n restaurant is, het jy die kelner bedank vir die koffie wat hy vir ‘n tweede keer kom volmaak het sonder dat jy daarvoor gevra het?
Hier is die punt wat ek wil maak: ontwikkel ‘n gesindheid van dankbaarheid vir die mense in jou lewe.
Gebedsbeginpunt
Here, hou my so bewus dat ek wel die klein, behulpsame dinge sien wat mense vir my doen. Ek wil nie ondankbaar wees nie. In plaas daarvan wil ek hulle bedank en hulle opbou.