te bowe gaan En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is. – Filippense 4:7
Moenie die soort Christen wees wat ’n emosionele hoogtepunt bereik wanneer jy jou sin kry en ’n laagtepunt wanneer jy dit nie kry nie. Of emosioneel goed voel wanneer jy die seën ontvang waarvoor jy gebid het en mismoedig raak wanneer God dit nog nie tot jou lewe toegevoeg het nie.
Aanvaar God se vrede, al gaan dit alle verstand te bowe, en wees tevrede ongeag jou ‘aardse lot’. Leer om te dink: Selfs al kry ek nie my sin nie, gaan ek gelukkig wees; ek gaan nie toelaat dat my omstandighede my gemoedstemming bepaal nie. Wanneer jy nie jou sin kry nie, kan jy net so gelukkig wees as wanneer dit wel gebeur; jy het immers God se vrede.
Kraggedagte
God het my sy vrede gegee.