Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan. – 3 Johannes 1:2
In gewone alledaagse taal sou die vers só kon lees: ‘My liewe kind, ek wil hê jy moet elke aardse seëning ontvang wat jy jou enigsins kan voorstel, maar net in die mate waartoe jy geestelik volwasse is en ’n Christelike karakter openbaar.’ Wanneer jy so na die Skrifgedeelte kyk, kry jy die boodskap: ‘Ek moet grootword!’
Jy hoef God nie te oortuig om jou te seën nie. Hy wil jou seën. Om die waarheid te sê, wil Hy jou baie meer seën as wat jy jou kan indink (sien Efesiërs 3:20). Maar bo en behalwe die dinge wat Hy wil hê jy moet hê, wil Hy nog te meer hê dat jy iets moet wees. Hy wil hê jy moet soos Christus wees. Wanneer jy geestelik volwasse is, sal jy in staat wees om die aardse seëninge wat Hy vir jou begeer, te hanteer en dit te gebruik tot sy eer.
Kraggedagte
God wil hê ek moet elke seëning ontvang wat Hy vir my lewe bestem het.