Leer Om Absoluut Lief te Wees vir Jou Lewe

Leer Om Absoluut Lief te Wees vir Jou Lewe

Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. “Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.(Johannes 10:10)

Het jy geweet dat God wil hê jy moet jou lewe geniet? Wel, Hy wil! Om die waarheid te sê, deel van God se wil is dat jy elke oomblik daarvan moet geniet. Dit is iets wat God se Woord vir ons op baie plekke vertel.

Koning Salomo, die wysste man wat nog gelewe het, het dit gesê, ‘’Daar is vir die mens niks goeds behalwe dat hy kan eet en drink en ten spyte van sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het besef dit is ’n gawe wat uit God se hand kom’’ (Prediker 2:24).

Salomo het gesê om seker te maak dat ons die goeie van ons arbeid geniet. Dit klink soos iets wat ons moet doen as ‘n daad van ons wil. Dit beteken nie dat die hele lewe ‘n groot partytjie of ‘n vakansie word nie, maar dit beteken dat ons deur die krag van God kan leer om die wonderlike lewe te geniet wat Jesus vir ons kom gee het.


Vandag se Gedagte

Dit is belangrik om gedissiplineerd te wees en hard te werk, maar dit is ewe belangrik om die vrug te geniet wat werk bring. God wil hê jy moet pret hê en die lewe geniet – jy kan dit doen vandag!

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer 1 Petrus 3:10; Psalm 119:159

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon