
En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe. – Romeine 8:28
Romeine 8:28 sê vir ons dat alles ten goede meewerk. Dit sê nie dat alle dinge goed is nie, maar dit sê wel dat alles ten goede meewerk of saamwerk.
Jy kan die soort mens wees wat dinge beplan, maar wat kalm bly wanneer daardie planne nie uitwerk nie omdat iets onvoorsiens gebeur of omdat iets nie verloop soos dit behoort te verloop nie. Selfs vir mense wat baie positief is, werk alles nie altyd volgens plan uit of gebeur dinge nie altyd soos hulle dit sou wou hê nie. Maar positiewe mense besluit om hulself te geniet ongeag wat gebeur en hulle vertrou dat God alles ten goede sal laat meewerk.
Kraggedagte
Ek glo dat God alles ten goede laat meewerk.