Basiese opleiding om jou geloof te bou

Basiese opleiding om jou geloof te bou

‘’Julle weet mos: Wanneer ’n mens se geloof ’n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. ‘’ —Jakobus 1:3 NLV

Volwasse geloof gebeur nie oornag nie. As ons ‘n diep, gesonde, vaste geloof in God wil hê, moet ons ons geloof uitleef om dit sterker te maak.

Dink aan soldate in die weermag. Hulle is nie dadelik gereed vir die mees intense gevegte as hul aansluit by die diens nie. Hulle moet basiese opleiding ontvang. Hulle word gedril en geoefen en meedoënloos opgelei. Drilinstrukteurs word aangestel om hul toe te rus omdat soldate krag, uithouvermoë en veerkragtigheid moet hê.

Laat ons hieroor dink in terme van ons geloof. Eerstens, sluit ons aan of gee ons ons lewens aan Christus. Dan begin ons met basiese opleiding, of geloofsbou. In hierdie geval tree die Heilige Gees op as ons Drilinspekteur.

Die Heilige Gees weet presies wat elkeen van ons nodig het as ‘n geloofsopbouende vereiste sodat ons gereed kan wees in elke seisoen. Ons moet Hom net gehoorsaam, selfs as dit ‘n uitdaging is, en vertrou dat Hy weet hoe om ons geloof op te bou.

Wanneer jy die Heilige Gees toelaat om jou op te lei, is die resultaat – ‘n sterk, vaste vertroue in God – die tyd en moeite werd.


Gebedsbeginpunt

Heilige Gees, ek onderwerp my aan U opdrag. Ek wil ‘n volwasse, vaste vertroue in U hê. Lei my op sodat ek in geloof kan loop, sonder dat ek sien, deur op God te kan vertrou in elke situasie en vir elke voorsiening wat ek benodig.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon