 
            Met so ’n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag . . . Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê . . . – Hebreërs 12:1
Ons is gewoonlik opgewonde aan die begin van ’n geleentheid, ’n verhouding of ’n avontuur; ons is ook gelukkig wanneer ons ons prestasies kan vier en wanneer ons tevrede kan terugkyk op ’n begeerte wat vervul is. Maar tussen die begin en die einde, het elke ding wat ons aanpak ’n ‘middel’ – en die middel is juis die plek waar ons dikwels ons grootste uitdagings, struikelblokke, probleme, ompaaie en toetse teëkom.
Die vyand wil nie hê jy moet alles wat God vir jou het, ontvang en geniet nie, en hy sal probeer om jou te laat moed opgee in die middel. Hy wil hê jy moet dink die pad is te lank of te hobbelrig. God, aan die ander kant, wil die heel beste vir jou hê; Hy wil hê jy moet die wedloop voltooi en elke tree langs die pad geniet. Wees vasbeslote om die hele tyd getrou te wees en jou oorwinning te geniet.
Kraggedagte
Ek gaan nie moed opgee nie. Ek sal my wedloop voltooi en met deursettingsvermoë en vreugde hardloop.