Begin jou drome waarmaak

Begin jou drome waarmaak

“Wanneer ‘n volk nie duidelikheid het oor die wil van God nie, verloor hulle koers. As hulle leef volgens Sy wet, is hulle gelukkig.” Spreuke 29:18 NLV

Wat is die droom wat God in jou hart geplaas het?

Ek vra nie of jy ‘n droom het nie – ek weet dit is reeds daar want God gee aan elkeen van ons drome.

Ek het al gesien wat mense aan hul drome doen. Party begrawe dit so diep in hul harte om hulself te beskerm teen die kritiek van ander. Party sit hul drome so ver buite sig net sodat hulle nie meer daaraan hoef te dink nie. En sommige mense gee net finaal op op hul drome omdat dit te seer maak om verder aan te hou hoop.

As jy weer nodig het om jou drome aan te skakel, hier is twee goed wat ek wil hê jy moet onthou. Eerstens, kry ‘n duidelike visie. En tweedens, jy moet dit voor jou hou ten alle tye.

Maar net omdat jy ‘n visie het, beteken dit nie dit gaan onmiddelik verskyn nie. God is net so geïnteresseerd in die proses van ‘n visie, soos wat Hy in die eindresultaat is.

Die apostel Paulus het in Filippense 4:11-13 gesê dat hy al geleer het hoe om tevrede te wees tot op die punt waar hy nie omgekrap was oor die plek waarin hy was nie. Met ander woorde, hy het homself nooit toegelaat om ongelukkig te raak oor waar hy homself bevind het in die oomblik nie…hy het altyd uitgesien na die plek waarheen hy oppad was.

Dit beteken dat jy, nes Paulus, ook ‘n balans moet vind tussen tevredenheid en ambisie. Hier is die sleutel: leer om die plek waar jy is te geniet terwyl jy oppad is na jou eindbestemming.

As jy ‘n droom of ‘n visie het, moet jy dit voor jou hou. As dit jou help, skryf dit neer. En onthou, God wil jou help om jou droom wat Hy vir jou gegee het uit te leef. Stap vir stap en dag vir dag.


Gebedsbeginpunt

Jesus, al voel ek nie altyd so nie en die lewe druk my om moed op te gee, glo ek dat U ‘n wonderlike plan vir my lewe het. Ek kies om te vertrou dat U my sal help om die droom uit te leef wat U my gegee het, maar as wat ek vertrou in my omstandighede.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon