Luister tog na my geroep om hulp, my Koning en my God, want dis tot U dat ek bid. – Psalm 5:3
Wat was die eerste ding wat jy gesê het nadat jy vanoggend opgestaan het? Ek glo ons kan die dag se stemming bepaal deur wat ons aan die begin van die dag sê.
Dalk het jy gesê: ‘Ek is moeg en nie lus om werk toe te gaan nie.’ Daardie soort woorde kom dikwels natuurlik, maar jy kan besluit om bonatuurlik te leef. Jy kan soos God praat en sê wat Hy sou sê. Kan jy jou eerlikwaar voorstel dat God sal sê: ‘Ek is bang dit gaan ’n beroerde dag wees’? Natuurlik nie! Hy sal iets wonderliks en positief sê, en ons moet dit ook doen: ‘Ek ervaar guns oral waar ek gaan’ en ‘Vandag gaan ’n wonderlike dag wees’ en ‘Ek gaan vandag God se hand aan die werk sien!’
Kraggedagte
Ek begin my dag met ’n gesindheid van lof – deur te bid en te luister na God se stem.