Besig of Vrugbaar?

Ons bid ook dat julle leefstyl tot eer van die Here sal wees om Hom te behaag deurdat julle lewe vol goeie werke sal wees en dat julle God al hoe beter sal leer ken. (Kolossense 1:10)

Dit lyk asof almal vandag besig is. Vra omtrent enigiemand hoe dit met hulle gaan en hulle sal reageer, ”Besig” Ons maak ‘n fout as ons besig wees gelykstel met vrugbaar wees.

Vir baie jare het ek gedink hoe besiger ek is, hoe meer sal God met my tevrede wees. Die waarheid was, hoe besiger ek was, hoe minder tyd het ek gehad om selfs van God te hoor oor wat Sy wil vir my was. Dit het my ‘n rukkie geneem om te leer om minder te doen om meer te bereik.

Vra God in jou stiltetyd met Hom om jou die wysheid te gee om jou dag en jou week volgens Sy plan te skeduleer. Moenie dinge doen net om dit te doen nie. Loop in gehoorsaamheid en belê jou tyd en energie in dinge wat ‘n blywende impak vir jou en vir ander sal hê.
Vandag se Gedagte


God het ons nooit geroep om besig te wees nie; Hy het ons geroep om goeie vrug te dra.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Lukas 10:41-42; Kolossense 3:1

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon