‘’My seun, luister baie goed na wat ek vir jou sê. Spits jou ore vir my woorde!’’ – Spreuke 4:20 NLV
Baie mense het my gevra oor hoe om God se Woord te bestudeer. Hier is vier waardevolle wenke:
- Maak doelbewus tyd. Ek maak soggens ‘n afspraak met God, maar as dit nie vir jou werk nie, vind ‘n tyd wat geskik is…selfs al is dit nie elke dag nie. Begin net êrens en jy sal die positiewe vrug daarvan sien in jou lewe!
- Berei voor vir jou Bybelstudie. Kies ‘n plek waar jy graag wil wees – ‘n kamer in jou huis waar jy alleen kan wees.
- Hou al jou materiaal beskikbaar. Jy wil natuurlik jou Bybel hê, en ‘n goeie Bybelwoordeboek, konkordansie, pen en papier. Op die manier is jy voorbereid om verwante skrifte te verwys of iets neer te skryf.
- Berei jou hart voor. Praat met God oor dinge wat jy moontlik moet bely, en begin jou studietyd vreedsaam sonder enigiets wat kan verhoed om Sy Woord te openbaar.
Neem tyd om die Woord te bestudeer, want daar is krag daarin om jou lewe te verander en die persoon te word wat God wil hê jy moet wees.
Gebedsbeginpunt
Vader, ek wil in my hart tyd opsy sit om U Woord regtig te bestudeer. Leer my elke dag hoe om U waarheid te verstaan en my aan U wil te onderwerp.