Bid aanhoudend

Bid aanhoudend

“…En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie”. Jakobus 4:2 NLV

Omtrent 20 jaar terug het die sin my lewe verander: Jy het nie, want jy vra God nie. Hierdie kort vers het ‘n deur vir my oopgemaak om die lewensveranderende krag van aanhoudende gebed te ontdek.

Op daardie stadium van my lewe was ek so gestres oor soveel dinge. Ek het probeer om my bediening te laat groei, om my man te verander, om my kinders te laat optree in ‘n sekere manier, om mense te kry om goed te doen wat ek wou hê en ek het alles op my eie probeer doen. Soos jy jouself kan indink, dit het nie gewerk nie!

As ‘n uitgebrande, gefrustreerde jong Christen, het ek een dag besef dat om in my eie krag te leef was absoluut nutteloos. Ek het nodig gehad om al my probleme na God toe te vat. Met ander woorde, ek moes meer bid!

Wanneer ons eers God se liefde begin verstaan en Sy plan met ons, dan kan ons begin besef dat God vir ons die deure wil oopmaak. Maar ons kan eers dit begin verstaan as ons konstant in gesprek is met Hom, na Sy stem luister en dieper in ons verhouding met Hom groei.

In Matteus 7:7 vertel Jesus ons dat ons moet aanhou vra en dit sal vir ons gegee word, ons moet aanhou soek en ons sal vind en aanhou klop en die deur sal vir ons oopgemaak word.

Soveel keer kom ons tot op die einde van onsself, en dan eers wil ons begin bid. En dan as ons gebede nie dadelik beantwoord word nie, gee ons moed op.

Ek wil jou vandag bemoedig om nie net te bid nie, maar om aanhoudend te bid. Moenie begin stres om dinge self te laat gebeur nie. Gee God alles as jy bid.

Onthou, Hy belowe dat as ons Hom soek, sal ons Hom vind. Kom ons bid met ons hele hart dan.


Gebedsbeginpunt

Here, help my om my probleme na U toe te bring. Ek is moeg daarvan om in my eie krag te leef. Ek het U leiding en rigting nodig. Soos ek U daagliks soek, sal ek my vertroue in U sit.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon