Blydskap in alle omstandighede

Vir die bedrukte mens bring elke dag net probleme. Vir die blymoedige mens is die hele lewe ’n fees. – Spreuke 15:15

Omstandighede bring nie vir ons blydskap nie. Jy kan ’n positiewe gesindheid hê ongeag wat in jou lewe gebeur. Besluit vooraf dat al gebeur wat ook al, jy gaan soek na die goeie daarin. Jy gaan vreugde vind te midde daarvan en jou lewe geniet, maak nie saak wat aan die gang is nie.

God is positief, en daarom behoort jy ook so te voel. Gaan elke dag tegemoet met opgewondenheid en glo dat iets goeds gaan gebeur. En as dit nie gebeur nie, glo dit vir die volgende dag. Verklaar hard en duidelik vir die duiwel: ‘Ek gaan langer aanhou as jy!’ Daar is iets goeds in alles, as jy dit net sal raaksien. Die oomblik wanneer jy besluit om ’n meer positiewe ingesteldheid te hê, sal jy begin om meer vreugde te ervaar in jou lewe.


Kraggedagte

Ek het in alle omstandighede ’n positiewe, opgewekte, passievolle gesindheid.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon