
Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig . . . – 2 Korintiërs 10:4
Vestings is forte vol negatiewe gedagtes wat deur die duiwel in jou gedagtes geplaas word. ’n Vesting word nie oornag gebou nie; dit was waarskynlik vir die grootste deel van jou lewe in aanbou, en daarom moet dit steen vir steen afgebreek word.
Beskou jouself en probeer bepaal wat aanleiding gee tot die gedagtes waarvan jy probeer wegkom. Is dit stres of enige ander negatiewe emosie wat die negatiewe gedagtes veroorsaak? Verveling? Eensaamheid? Uitputting? Om te weet waarom of wanneer ons iets doen, is dikwels die oplossing wat ons kan help om vry te kom van daardie gedagtes.
Vestings is probleme wat jy nie sonder God se hulp kan oplos nie. God se Woord word jou wapen vir die stryd wanneer jy dit lees, bely, bid, glo en sing.
Kraggedagte
Met God se hulp kan ek die vestings afbreek wat deur Satan in my gedagtes opgerig is.