
‘’Geliefde vriend, moet tog nie dié slegte voorbeeld navolg nie. Volg liewer die goeie. Dié wat goed doen, is van God afkomstig; dié wat sleg doen, het God tot nou toe nie gesien nie.’’ —1 Johannes 1:11 NLV
Soms wil mense in die wêreld hê dat ons aan hulle vereistes moet voldoen (konformeer) Die woord konformeer beteken ‘’ooreenkom; om op te tree in ooreenstemming met die heersende maniere of gebruike. ”
Romeine 12:2 sê: Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie… En 3 Johannes 1:11 sê moet tog nie dié slegte voorbeeld navolg nie. Volg liewer die goeie.
Mense sal ons altyd probeer inpas in hul vorm, deels as gevolg van hul eie onsekerheid. Dit laat hulle beter voel oor wat hulle doen as hulle iemand anders kan kry om dit ook te doen. Baie min mense het die vermoë om te wees soos hulle is en almal anders te laat wees soos hulle is.
Kan jy jouself indink hoe lekker die wêreld sou wees as ons dit alles sou doen? As elkeen veilig is in wie hy is en ander weer laat bly wie hulle is? Dan sou ons nie probeer om mekaar te konformeer en na te boots nie.
Ek wil jou vandag aanmoedig om te glo dat jy ‘n nabootser van Christus kan wees en uit die wêreld se vorm kan breek!
Gebedsbeginpunt
Heilige Gees, help my om nie in die strik van die wêreld se vorm te val nie. Help my om die goeie na te boots en soos Christus te leef.