Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy ontferming en genade bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word. (Hebreërs 4:16).
Ons kan nie net in ons stil tye saam met Hom na God gaan met gebed nie, maar ons kan met vrymoedigheid bid wat beteken sonder vrees en sonder voorbehoud.
Jesus het vir ons ‘n manier gemaak om God met vrymoedigheid te nader omdat Hy ons regverdig gemaak het deur Sy dood aan die kruis. As gevolg van wat Hy vir ons gedoen het, kan ons met volle vertroue na God gaan en onbeskaamd bid, wetende dat Hy ons liefhet, ons hoor en ons gebede op die beste manier moontlik sal beantwoord.
Jesus het ons waardig gemaak en wanneer ons God met vrymoedigheid nader, kan ons op Hom reken om ons genadig te wees. Genade beteken dat God ons nie straf soos ons sondes dit verdien nie en Hy seën ons op maniere wat ons nie verdien om geseën te word nie – as ons vrymoedig genoeg is om te vra.
Vandag se Gedagte
Vra God wat jy wil hê en nodig het, en vertrou Hom om vir jou te gee wat die beste is op die regte tyd.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Johannes 15:7; Matteus 21:22