Die aard van God se liefde

Die aard van God se liefde

“Maar God se ontferming is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefgehad het, was so groot dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het. Dis dus God se genade wat maak dat julle verlos is!” Efesiërs 2:4-5 NLV

Somtyds as die lewe moeilik raak, is die beste ding wat ons kan doen om onsself te herinner aan die aard van God se liefde.

Een van die pragtigste dinge wat die Bybel sê is dat terwyl ons nog sondaars was, het Christus vir ons gesterf (sien Romeine 5:8). Hy het nie vir ons gewag om Sy liefde te verdien nie. Hy het ons onvoorwaardelik lief. Om eerlik te wees, dit is vir baie van ons baie moeilik om te verstaan want ons is so gewoond daaraan om alles te verdien in die lewe.

As gevolg van Sy groot, wonderlike en intense liefde vir ons, het God sy lewe vir ons verniet uitgestort. Dit is revolusionêre liefde – regte liefde wat Homself weggee want dit sal nooit vervuld wees as dit enigiets minder doen nie.

Dit is God se onvoorwaardelike liefde wat ons na Hom toe trek, Sy wonderlike genade wat ons sonde uitvee en Sy kragtige offer wat ‘n manier maak vir ons om in Sy teenwoordigheid te kom. Sy liefde sal nooit ophou, nooit laat vaar en jou nooit verlaat nie. Wanneer ookal jy af of depressief voel, onthou die groot liefde wat God vir jou het.

Gebedsbeginpunt:

God, U liefde oorweldig my. Selfs al voel ek nie so nie, ek weet dat U liefde nooit sal opgee nie. U het U alles vir my gegee en ek weet met alles in my dat U my lief het.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon