‘Jou skynheilige, haal eers die stomp uit jou eie oog uit. Dan sal jy ook duidelik kan sien om die splinter uit jou medemens se oog te haal.’ – Matteus 7:5
Om mense onvoorwaardelik lief te hê is die grootste geskenk wat ons hulle (en onsself) kan gee. Ek het geleer die geheim vir persoonlike vrede is om mense toe te laat om die mens te wees wat God hulle gemaak het om te wees, eerder as om mense te probeer verander in die mense wat ek wil hê hulle moet wees. Ek doen my bes om hul sterkpunte te geniet en hul swakhede in genade oor te sien, want ek het genoeg swakhede van my eie. Dit is nie nodig dat ek die splinter uit hul oog probeer haal terwyl ek ’n telefoonpaal in myne het nie.
Besluit om nie na foute te kyk – of te soek – nie. Ons het almal foute! Ons hoef nie daarop te fokus nie.
Kraggedagte
God sien my swakhede in genade oor, en ek sien ander se swakhede in genade oor.