Die Basis vir Jou Hoop

Want die woord van die Here is waarheid, en alles wat Hy doen, staan vas. (Psalm 33:4)

Hoop moet ‘n platform hê om op te staan. Ons het ‘n rede nodig om te hoop en Dawid het gesê hierdie rede was die Woord van God. Dawid het eenvoudig sy vertroue in God se getrouheid gestel om Sy Woord te vervul.

Waarom is die studie en meditasie van God se Woord so belangrik? Dit is saad en saad produseer altyd volgens sy eie soort. Hoe meer jy die beloftes van God bestudeer, hoe meer hoopvol sal jy wees.

Ek moedig jou sterk aan om God se Woord so gereeld as moontlik met ‘n gelowige hart te lees, te bestudeer, te luister na en te mediteer. Wanneer ons die saad van God se Woord in ons harte plant, bring dit ‘n oes van baie goeie dinge.

Stel jou hoop op God en Sy Woord! Wanneer ons met hoop leef, kan ons verlossing van ons probleme sien en ons kan ons lewe in Christus Jesus geniet.


Vandag se Gedagte

Hoop is ‘n positiewe verwagting dat iets goeds gaan gebeur.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Markus 4:24-25; Romeine 15:4

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon