My seun, luister baie goed na wat ek vir jou sê. Spits jou ore vir my woorde! (Spreuke 4:20)
Die Bybel is geen gewone boek nie. Die woorde op die bladsye is soos medisyne vir jou siel. Dit het die krag om jou lewe te verander, want daar is lewe in die Woord (sien Hebreërs 4:12). Wanneer jy die krag en waarheid van God se Woord ontdek, sal jy veranderinge in jou lewe begin sien wat net Sy waarheid kan bring.
Om die Woord van God te bestudeer is nie ingewikkeld nie; jy moet net begin en vasbeslote wees om daarby te bly. Elke keer wanneer jy tyd spandeer om die Bybel te lees, let op wat jy lees en jy sal iets leer wat jou sal baat.
Spreuke sê, ”My seun, luister baie goed na wat ek vir jou sê.’’ Die woord luister beteken jy gee aandag en gee tyd aan iets. Om aandag te gee aan die Woord van God beteken meer as om dit net te lees; dit gaan daaroor om dit te bestudeer, daaroor te mediteer en om dit te gehoorsaam. Wees ywerig in Bybelstudie en wat jy leer sal jou ‘n lewe gee wat die moeite werd is.
Vandag se Gedagte
Enige tyd wat jy ‘n bemoedigende woord nodig het, kan jy dit in die Bybel vind.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Jakobus 1:22-25; Timoteus 3:16-17