Die Beste Manier om te Bid

“Vader, as U wil, neem hierdie beker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geld!” (Lukas 22:42)

Laat ek die beste manier voorstel vir jou om te bid. In plaas daarvan om bloot vir God te sê wat jy wil hê Hy vir jou moet doen, probeer vra wat jy wil hê, maar voeg dan hierdie stelling by: Maar, Here, as dit nie die regte ding vir my is nie, moet dit asseblief nie vir my gee nie!

Om ons eie sin te kry is hoogs oorskat. Dit is verstommend hoeveel van ons lewens vermors word op die strewe na selfbevrediging, net om op die ou end te vind dat ons glad nie tevrede is nie. Dit is wat gebeur wanneer ons onsself vertrou in plaas van om God te vertrou.

Slegs God se wil het die vermoë om ons uiteindelik tevrede te stel. Ons is geskape vir Hom en Sy doeleindes en enigiets minder as dit is totaal onbekwaam om blywende tevredenheid te bring. God weet wat die beste is vir jou lewe en daar is geen beter plek om te wees as in die middel van Sy volmaakte wil nie.


Vandag se Gedagte

Vertrou God om vir jou Sy beste te gee, eerder as net wat jy wil hê.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Spreuke 19:21; Matteus 6:10

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon