“Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.” —Handelinge 4:31 NLV
Daar is te veel ongelukkige, wedergebore, Geesvervulde gelowiges wat nie weet hoe dit voel om gevul te bly met die Gees van God deur Hom te erken en Sy weë na te streef elke dag nie. Die Heilige Gees is in hulle, maar hulle laat nie toe dat die bewys van Sy teenwoordigheid opdaag in hul normale, daaglikse lewens nie.
Dit is moontlik om ‘n glas water vol te maak sonder om dit tot die volle kapasiteit vol te maak. Net so is dit as ons wedergebore is met die Heilige Gees in ons, maar ons is nie totaal gevul met die bewys van die Heilige Gees in ons lewens nie.
Handelinge 4:31 sê dat toe die mense met die Heilige Gees vervul was, het hulle die Woord van God gepraat met vryheid en vrymoedigheid.
Dit behaag God nie as mense Hom uit hul daaglikse lewens hou en dan godsdienstige rituele gebruik om Hom te behaag nie.
In plaas daarvan, wil Hy hê ons moet Geesvervulde lewens van vryheid en vrymoedigheid leef.
Ek moedig jou aan om God vryelik in elke area van jou lewe te laat werk deur die krag van Sy Heilige Gees.
Gebedsbeginpunt
Here, ek wil elke dag gevul wees met die Heilige Gees. Help my om te lewe in die vryheid en vrymoedigheid wat ek kan kry deur die Heilige Gees, elke dag van my lewe.