
Staan dus vas deur waarheid as ’n gordel om julle heupe te dra en trek God se vryspraak as borsharnas aan. – Efesiërs 6:14 (1953-veRtaLing)
Geregtigheid is van kritieke belang in ons wandel met God. Mense wat geregtigheid voorstaan, neem verantwoordelikheid vir hul dade. Hulle hou by hul beloftes en ooreenkomste in plaas van om verskonings uit te dink waarom hulle dit nie gedoen het nie. Hulle doen wat hulle vir mense gesê het hulle gaan doen, en as hulle dit om een of ander rede nie kan doen nie, kontak hulle daardie persoon, gee ’n verduideliking (nie ’n verskoning nie) en vra om vrygestel te word van die onderneming. Ons verwag van God om sy beloftes te hou, en Hy verwag van ons om ons s’n te hou.
As ons regtig verstaan het wat die woord geregtigheid beteken, sou daar hopelik meer mense van goeie karakter in die wêreld gewees het, mense wat probeer om met geregtigheid te lewe. Omdat God ons die ‘borswapen van die geregtigheid’ gegee het, weet ons dat ons die stryd moet stry teen die vyand van ongeregtigheid.
Kraggedagte
Ek is daartoe verbind om ’n lewe van geregtigheid te leef; ek hou altyd my woord.