Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. – Filippense 3:13
Paulus het geweet dat die een ding wat hom die meeste gaan help, sal wees om die verlede te vergeet.
Hoe vergeet ons wat agter ons lê – die situasies in ons verlede, veral daardie dinge wat veroorsaak dat ons skuldig voel? Ons hou op om daaraan te dink en daaroor te praat, en ons hou aan vorentoe beur. Ons het almal ’n verlede, maar ons het ook ’n toekoms! Hou op om geestelik en emosioneel in die verlede te leef, en glo in geloof dat goeie dinge vir jou voorlê.
Moenie fokus op dinge waaraan jy nie meer iets kan doen nie, en moenie tyd mors op selfverwyt nie. Hoewel ons foute maak in die lewe, kan ons daarvan herstel en steeds ’n wonderlike lewe in Christus geniet. Raak opgewonde! Daar lê goeie dinge vir jou voor!
Kraggedagte
My verlede is in die verlede; God het ’n goeie plan vir wat voorlê.