Wat sal ons dan van al hierdie wonderlike dinge sê? As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees? (Romeine 8:31)
Maak nie saak waardeur jy in die lewe gaan nie, as jy die gees van ‘n oorwinnaar het en jy reeds weet wie jy in Christus is en werklik glo dat Hy aan jou kant is, hoef jy nie afgeskrik of oorweldig te word deur enige moeilikheid wat jy in die gesig staar nie. .
Of jy nou probeer om ‘n berg skuld af te betaal, ‘n siekte te beveg, jou eie besigheid te begin of bloot jou huis skoon te maak, jy kan dit doen met God aan jou kant.
Wanneer jy met ‘n uitdaging gekonfronteer word, moenie net sê, ek kan dit nie meer doen nie. Behou eerder die gees van ‘n oorwinnaar en wees dapper genoeg om te sê, God is vir my. Hy is aan my kant en ek is tot alles in staat deur Christus wat my versterk!
Vandag se Gedagte
Toe jy Jesus as jou Verlosser ontvang het, het jy ook die gees van ‘n oorwinnaar ontvang.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Filippense 4:13; 2 Korintiërs 12:9