
‘Maar geen wapen wat teen jou gemik word, sal iets teen jou kan uitrig nie. Elke aanklag teen jou sal jy weerlê. Dit is die erflating van die dienaars van die Here. Aan hulle laat Ek reg geskied,’ verklaar die Here. – Jesaja 54:17
God beskou ons as waardevol en waardig – ons weet dit want Hy het sy Seun, Jesus, gestuur om vir ons te sterf. Deel van ons erfenis as gelowiges is om seker te wees – om te weet wie ons in Christus is, om ’n gevoel van geregtigheid in God te hê. Die duiwel hou daarvan om ons te herinner aan wie ons nie is nie, maar God hou baie daarvan om ons te verseker en te herinner aan wie ons in Christus is en wat ons deur Hom kan doen. Selfs al word jy oorrompel deur vyandelike omstandighede, onthou dat God vir jou is en dat jy wat Hom betref, reg is.
Kraggedagte
Ek is die geregtigheid van God in Christus.