Die gevaar van jaloesie

Die gevaar van jaloesie

‘’Want waar jaloesie en selfsugtige ambisie is, dáár sal jy ook wanorde en allerhande gemene dade kry.’’ —Jakobus 3:16 NLV

Woede wat veroorsaak word deur Jaloesie is een van die eerste negatiewe emosies wat in die Bybel genoem word. Genesis 4 vertel ons dat Kain sy broer Abel doodgemaak het omdat hy onredelik jaloers en kwaad was. Alhoewel dit een van die mees ekstreme gevolge van jaloesie is, herinner dit ons aan hoe gevaarlik jaloesie kan wees.

In vandag se samelewing, voel baie mense dat hul waarde of belangrikheid gebaseer is op hul werk, sosiale status of hul posisie in die kerk. As gevolg van hierdie ingesteldheid, is hulle bang dat iemand anders voor hulle bevorder kan word. Jaloesie veroorsaak dat hulle probeer om belangrik te wees in die oë van mense.

As jy met hierdie houding sukkel, moet jy verstaan dat God jou met ‘n rede het waar jy is. Hy het ‘n goeie plan vir jou lewe en Hy weet jy moet voorbereid wees vir daardie plan.

Moenie die dae van ‘n klein begin verag nie. Ons vreugde en vervulling kom van gehoorsaamheid aan die spesifieke roeping wat God in ons lewens gebring het, nie jaloers te probeer om dinge te bereik wat jy dink mense sal beïndruk nie. Moenie dat jaloesie oorneem in jou nie. Vertrou God om jou te plaas waar jy moet wees.


Gebedsbeginpunt

Here, jaloesie is gevaarlik en ek wil geen deel daaraan hê nie. My status is nie afhanklik van wêreldse posisies en erkenning nie. U is al wat ek nodig het.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon