Die God-Hunkering

Maar omdat ek reg gedoen het, sal ek U sien. Wanneer ek wakker word, sal ek tevrede wees in u teenwoordigheid. – Psalm 17:15

Daar is ’n leemte in die vorm van God in elkeen van ons, en selfs al het ons al die geld in die wêreld gehad, is daar niks wat ons kan koop om daardie leemte te vul nie. Die enigste ding wat daardie hunkering kan laat verdwyn, is God self. Soek God as die eerste en belangrikste noodsaaklikheid in jou lewe. Stel Hom eerste in jou tyd, gedagtes, gesprekke en dade. Jy moet Hom liefhê met jou hele hart en regdeur die dag met Hom praat oor alles wat in jou lewe plaasvind.

Wanneer jy Hom insluit in alles wat jy doen, ontwikkel jy ’n intimiteit met Hom wat jou siel sal bevredig soos niks anders in die wêreld kan doen nie.


Kraggedagte

God is die enigste Een wat my hunkering kan be­vredig; ek is ten volle bevredig in intimiteit met Hom.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon