Die grootste geskenk wat jy kan gee

Die grootste geskenk wat jy kan gee

Julle moet barmhartig wees (simpatiek, teer,)  soos julle Vader barmhartig is.” —Lukas 6:36 NLV

Dit is die mees verregaande ding. Hoe meer ek daaraan dink, hoe meer verbaas is ek. Dit gee seëninge wat onverdiend is en weerhou straf wanneer dit verdien word. Dit is absoluut die grootste geskenk wat jy aan iemand kan gee. Die geskenk word genade genoem. Kyk, Jesus het aarde toe gekom en ons genade gegee, daarom moet ons aan ander ook genade betoon. Deur Christus se voorbeeld word ons geleer om ons vyande lief te hê en te bid vir hulle. Ons word geleer om vriendelik te wees met diegene wat ons nie behandel soos ons behandel wil word nie. Ons word aangesê om te gee vir armes en die hulpeloses te versorg wat ons nooit kan terugbetaal nie. Ons kan aan mense gee wat in ruil vir ons geskenke sal gee. Maar ons is meer geseënd as ons kies om aan diegene te gee wat ons nie kan terugbetaal nie – dis genade. Die grootste geskenk wat jy vir God kan gee, is om meer soos Jesus te word. Jy kan dit doen deur ander te behandel soos Hy jou behandel het. Gee diegene rondom jou die grootste geskenk wat hulle ooit van jou kan ontvang: genade.


ebedsbeginpunt

Here, ek dank U vir die onbaatsugtige genade wat U my elke dag gee. Ek kies nou om daardie genade ook aan ander te gee. Elke kans wat ek het, sal ek hulle die genade betoon wat U my betoon het.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon