Die handelsmerk van ‘n ware Christen

Die handelsmerk van ‘n ware Christen

“Konsentreer op dit wat onderlinge eensgesindheid bevorder. Moenie belangrik probeer wees nie, maar vind julle geluk by die nederiges. Moenie dink dat net julle altyd reg is nie.” —Romeine 12:16 NLV

Een van liefde se belangrikste eienskappe is onselfsugtigheid, wat in Romeine 12:16 (in die Amplified Engelse Bybel) beskryf word as die gewilligheid om jouself aan te pas volgens die behoeftes en begeertes van ander.

Mense wat hierdie skrif se betekenis gesnap het en dit begin toepas het in hul lewens, het al geleer wat dit is om verminder te word tot liefde. Hulle is nie selfsugtig nie. Hulle het geleer hoe om aanpasbaar te wees en hulself te verstel teenoor ander.

Aan die ander kant, mense wat baie meer van hulself dink as wat hulle moet, vind dit moeilik om by ander mense aan te pas. Die opgeblaasde opinie wat hulle van hulself het maak dat hulle ander as “klein” sien en “onbelangrik”. In hul selfsugtigheid, verwag hulle van ander om by húlle aan te pas, maar hulle is gewoonlik dan nie bereid om by ander aan te pas sonder om moeilik of ongelukkig te raak nie.

Watter tipe persoon is jy? Ek was altyd so selfsugtig, maar nou kan ek uit ervaring sê dat om onselfsugtig te leef is ‘n baie meer bevredigende leefwyse.

Die handelsmerk van ‘n ware Christen is iemand wat die vermoë het om aan te pas by ander. Sal jou jouself, in ‘n onselfsugtige manier, by iemand anders aanpas vandag?


Gebedsbeginpunt

God, wys my daaglikes hoe om in liefde by ander aan te pas. Ek wil onselfsugtig wees en aanpas by ander.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon