Vir hulle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem. – Romeine 8:1
ie Heilige Gees word om verskeie redes vir ons ge gee, en een van die werklik belangrike redes is om ons te oortuig van sonde – nie om ons te veroordeel of te laat skuldig voel nie, maar om ons te leer hoe om bo die sonde uit te styg. Ons behoort dit te waardeer wanneer die Heilige Gees sonde aan ons uitwys, want daarsonder kan ons maklik ’n lewe van selfmisleiding leef. ’n Gees telik volwasse persoon kan teregwysing aanhoor sonder dat hy daardeur veroordeel voel.
Teregwysing deur God is nooit verwerping nie. Die feit dat Hy onwillig is om ons te laat bly soos ons is, is ’n teken van sy liefde vir ons. Hy werk elke dag om ons na sy beeld te verander en ons te help om sy karakter te ontwikkel.
Power Thought: God does not condemn me or condone my sins, but He does convict me so I may be changed into His image.