
Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil. Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting. – Psalm 18:3
Waarom dink jy word na Jesus verwys as die ‘Rots’? Omdat Hy stabiel is en nooit verander nie, net soos ’n rots. Jesus Christus is gister, vandag en vir ewig dieselfde – en ons is veronderstel om Hom na te boots.
Om elke dag te wag om te sien hoe jy voel, is nie ’n goeie idee nie. Het iemand jou al ooit genooi om iets te doen en toe sê jy: ‘Laat ek wag en kyk hoe ek voel’? Dit gee net die duiwel vatkans om seker te maak jy voel nie lus om te doen wat jy moet doen, of te doen wat tot jou voordeel is nie. Ons beleef almal onaangename oomblikke, maar ons hoef nie te leef in ooreenstemming met ons gevoelens nie. Ons kan kies om sterk en stewig te bly staan wanneer ons ons krag put uit die Een wat nooit verander nie.
Kraggedagte
Ek staan sterk en stewig in Christus.