Die Here ons God is ’n enige God

‘Luister, Israel! Die Here ons God is die enigste Here.’ – Deuteronomium 6:4

Wanneer ons na die Ou Testament kyk, wil dit voorkom asof dit vir die Israeliete baie belangrik was dat God ‘een’ is (sien Deuteronomium 6:4; Maleagi 2:10). Waarom?

In daardie dae het die heidene geglo daar is ’n god vir elke ding – om ’n baba te hê, het hulle gepraat met die vrugbaarheidsgod; om goeie oeste te kry, was daar gesprekke met die oesgod. Al hierdie verskillende gode het verskillende offers vereis wanneer die mense genesing, vrede of wat ook al nodig gehad het. Kan jy jou voorstel hoe ingewikkeld dit was?

Dit is waarom dit sulke goeie nuus was toe die een ware God Homself openbaar het en boonop vir die mense gesê het Hy voorsien in al hul behoeftes. As jy vrede nodig het, as jy regverdigheid nodig het, as jy hoop nodig het, as jy vreugde nodig het, as jy ge­nesing nodig het, as jy finansiële hulp nodig het – wat jy ook al no­dig het, gaan eenvoudig na die een ware God.


Kraggedagte

Ek gaan na die een ware God en Hy voorsien in al my behoeftes.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon