Die Here se blydskap

‘Wees stil! Moenie huil nie! Hierdie dag is spesiaal, dit is aan die Here toegewy.’ – Nehemia 8:11

Vreugde hou nou verband met ons verwagtings (wat ons dink en glo). Met ander woorde, hoe meer jy verwag dat goeie dinge met jou gaan gebeur, hoe meer vreugde gaan jy ervaar. Wat verwag jy op dié oomblik? As jy niks verwag nie, is dit waarskynlik wat jy gaan kry.

Moenie na die wêreld kyk vir jou hoop, drome en ver­wagtings nie, want al kry jy wat jy so graag wil hê, gaan dit jou nie bevredig nie. Kyk na God, wat daartoe in staat is om nog baie meer te doen as enigiets wat jy jou enigsins kan voorstel. Verwag dat Hy groot dinge in jou lewe gaan doen – nie omdat jy dit verdien nie, maar om­dat Hy goed is!


Kraggedagte

Ek verwag dat God ongelooflike dinge in my lewe gaan doen.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon