As julle nie die Here wil aanbid nie, moet julle vandag vir julleself besluit wie julle dan wil aanbid. (Josua 24:15)
Die eerste stap om enigiets te doen is om te kies om dit te doen. Om iemand aan te moedig, kies jy eers om die beste te soek. Om in vrede te wees, kies jy eers om nie bekommerd te wees nie. Om iets nuuts te begin, kies jy eers om die eerste tree te gee en daarvoor te gaan.
Jy weet dalk nie hoe dit alles gaan uitwerk nie, maar jy kan vandag ‘n paar fundamentele keuses maak. Begin deur te sê, Vandag kies ek mense bo vrees! Vandag kies ek om daardie ou gewoonte te breek en ‘n goeie een te begin! Vandag kies ek om nie in woede te reageer nie! Vandag kies ek om nie in die verlede te lewe nie!
Maak ‘n keuse, neem ‘n stap, en moet nooit vergeet om God se hulp (Sy genade) te vra om jou keuse uit te voer nie. Ons kan alles met en deur Hom doen, maar ons kan niks sonder Hom doen nie (sien Filippense 4:13).
Vandag se Gedagte