Die mag van status

Verder het die leiers – wat hulle status was, maak nie vir my saak nie; God kyk nie na ’n mens se status nie – niks meer van my verwag nie. – Galasiërs 2:6

Moenie toelaat dat jou waarde afhang van ’n gesagsposisie of ’n magsposisie nie. Status kom en gaan, maar God en sy liefde vir jou bly staan. Ons waarde, ons erkenning en goedkeuring kom van Hom af. Solank as wat ons Hom het, het ons die waardevolste ding in die wêreld.

Wanneer ons die dinge wat die wêreld aanbied, nodig het om goed te voel oor onsself, weerhou God soms hierdie dinge. Sodra ons nie meer dié dinge nodig het nie, kan Hy dit vir ons gee omdat Hy weet dit gaan ons nie beheer nie. Jy het dalk vriende, invloed, status, gesag, erkenning en nog baie meer, maar die geheim om hier­die dinge te behou, is om sonder enige twyfel te weet dat jy dit nie nodig het om gelukkig en tevrede te wees nie.


Kraggedagte

My waarde word bepaal deur wie ek in Christus is.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon