Die oorwinning wat ons in Jesus het

Die oorwinning wat ons in Jesus het

“Maar ons sien wel vir Jésus. Vir “’n klein rukkie” is Hý “minder gemaak as die engele”, maar nou is Hy “met heerlikheid en eer gekroon” omdat Hy vir ons die doodslyding deurgemaak het. Ja, Hy het deur God se genade vir elke mens gesterf.” —Hebreërs 2:9 NLV

Die Bybel sê dat Jesus die dood vir ons ervaar het. So ek en jy hoef nie ewige dood te ervaar nie omdat Hy reeds vir ons sondes betaal het en ons die gawe van die ewige lewe gegee het. Nou dit is iets om oor verheug te wees!

As gevolg van Christus se opstanding en oorwinning oor die dood, is elke oggend ‘n nuwe geleentheid vir ons om die oorwinning uit te leef wat ons in Christus het. Ek glo dat as Christene hul voete op die grond sit elke oggend, moet die hel skud. Demone moet bang raak as hulle besef ons is wakker!

Dit is presies wat sal gebeur as ons besef wie ons is in Christus en ons verstaan die outoriteit wat ons in Hom het. Ons is soldate in God se weermag. Ons het outoriteit in Hom!

Jesus het die dood en sonde oorwin. Nou moet ons konstant in die outoriteit en oorwinning loop wat Hy vir ons gee. Dit is wanneer ons ongelooflik gevaarlik raak vir die vyand van God!


Gebedsbeginpunt

God, ek dank U vir die oorwinning wat ek in U het. Elke dag, help my om meer en meer te verstaan wat die prys was wat U betaal het vir my sodat ek in alle outoriteit en oorwinning kan loop wat U vir my het.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon