Die Opinies van Ander

As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, beloon.(Hebreërs 11:6)

Een van die dinge wat ons dikwels moet prysgee om God met ons hele hart te dien, is ons reputasie. Daar is diegene wat nie jou wandel met God sal ondersteun nie en jy moet leer om nie toe te laat dat hul opinies jou terughou nie.

Jesus ”het Homself van geen reputasie gemaak” (sien Filippense 2:7), en dit is nou vir my maklik om te verstaan hoekom. As ons te veel omgee oor wat mense van ons dink, sal ons Christus nooit ten volle volg nie. Ek het my reputasie opgeoffer by die mense wat ek geken het toe God my geroep het en nou het Hy my beloon. Ek het nou baie meer vriende as dié wat ek lank gelede opgegee het.

As jy die verlies van jou reputasie ly of onregverdig beoordeel en gekritiseer word weens jou geloof in God, moenie wanhoop nie. Gaan voort om God te soek in jou stiltetyd saam met Hom, en sien uit na jou beloning.


Vandag se Gedagte

God beloon diegene wat Hom ywerig soek. Wanneer jy vervolg word, sien uit na die beloning wat God vir jou beplan het.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer 1 Tessalonisense 4:1; Galasiërs 1:10

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon