Die pad is nou

Die pad is nou

“Hoe nou is die poort, en hoe smal is die pad na die lewe nie! Min is die mense wat dit kry!” Matteus 7:14 NLV

Om God te volg beteken om ‘n “noue pad” te stap. Dit beteken dat ons teenspoed sal ervaar. Hier is ‘n paar goed wat ek geleer het wat my gehelp het om aan te gaan:

  1. God se Woord is ‘n grens vir my lewe. Solank ek binne die grenslyne van die Skrif bly, sal ek wysheid en begrip hê om te weet wat ek moet doen, en wat ek nodig het in Christus, om dit te doen. God is getrou aan Sy Woord.
  2. Ek moet gewillig wees om klaar te maak met dit wat ek begin. God gebruik mense wat hul Woord hou en nie gelei word deur emosies nie. Dit is maklik om opgewonde aan die begin te wees as iets nog opwindend is, maar die een wat die eindstreep behaal is die een wat nogsteeds daar is terwyl niemand meer opgewonde is nie.
  3. As niemand daar is om my te help nie, leer ken ek Jesus baie goed. Die noue pad om vir God te leef en om nie die wêreld se patrone te volg nie, is baie keer eensaam. Maar die feit dat jy ‘n regte intimiteit met Christus bou in daardie tye is iets wat jy nooit in die wêreld sal kry nie.

Ek glo hierdie waarhede sal jou help net soos dit my gehelp het. Onthou dat daar altyd teenstand sal wees, maar die beloning van die noue pad is uit en uit die moeite werd.


Gebedsbeginpunt

Heilige Gees, ek begeer om die noue pad te stap – die weg van die lewe in Christus. Hou my binne U grenslyne en wys my hoe om te leef sodat ek kan uithou tot die einde.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon