‘’Maar as jy mense in nood help, doen dit sonder groot vertoon.’’- Matteus 6:3 NLV
Ons weet almal wat ‘n martelaar is. Ons het almal hartroerende verhale gehoor van heldhaftige mans en vroue wat vir Christus gesterf het. Maar daar is ‘n ander soort martelaar wat nie dapper en edel is nie – ‘n groot en konstante lyer wat altyd bereid is om hul pyn te deel met almal wat wil luister. Hierdie martelaar wil hê dat almal in die omgewing moet weet watter opofferings hulle in hul lewe maak.
Dis so maklik om in ‘n ‘’martelaarlokval’’ in te stap. Ons begin om ons familie en vriende te bedien en geniet dit. Maar na ‘n ruk begin ons harte verander en begin ons iets terug verwag. Uiteindelik het ons nie meer die hart van ‘n dienskneg nie. Ons houding versuur en ons kom gou agter dat ons aan selfbejammering ly. Ons het ‘n martelaar geword.
Die Bybel sê dat ons moet gee sonder dat ons linkerhand weet wat die regterhand doen. Met ander woorde, God wil hê dat ons moet dien en gee sonder omgee of ander ons sien of erken.
Het jy in die ‘’martelaarlokval’’ geval? Indien wel, vra die Here om Sy hart vir jou te gee sodat jy onbaatsugtig kan gee sonder om bekommerd te wees oor erkenning.
Gebedsbeginpunt
Helige Gees, wys my of ek in die martelaarlokval geval het. Ek wil U hart vir dien hê, sodat ek kan gee op die manier soos U wil hê ek moet gee, onbaatsugtig en met U vreugde.