Die verskil tussen gesonde en ongesonde skaamte

Die verskil tussen gesonde en ongesonde skaamte

“Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek.” —Psalm 25:20 NLV

Elke dag beleef ons twee verskillende tipes skaamte en dit is van kardinale belang dat ons die verskil ken.

Daar is ‘n tipe skaamte wat normaal en gesond is. Byvoorbeeld, as ek iets verloor of breek wat aan iemand anders behoort, voel ek teleurgesteld oor my fout. Ek wens ek was nie so sorgeloos of agterlosig nie. Ek is jammer, maar ek kan vra vir vergifnis, dit ontvang en aangaan met my lewe.

Gesonde skaamte herinner ons daarvan dat ons nie perfekte mense is nie, ons het swak punte en beperkings. Dit herinner ons dat ons God nodig het.

Ongelukkig stop gesonde skaamte nie daar nie, dit kan ongesond en giftig raak. Wanneer ‘n persoon nie vir vergifnis vra of ontvang nie, kan hulle hulself straf en begin haat wie hulle is as mens.

Moenie jou lewe in hierdie posisie spandeer nie. Onthou jou regmatige posisie as ‘n erfgenaam en kind of God (sien Romeine 8:17). Ongesonde skaamte sal maak dat jy vergeet wie jy in Christus is maar gesonde skaamte sal jou herinner dat jy niks sonder Hom is nie. Vra God vandag om jou te help om die verskil te kan onderskei.


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil nie lewe onder die las van ongesonde skaamte nie. Help my om te onthou hoe lief U my het. Omdat U my vergewe het, het ek nie nodig om myself te straf nie.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon