“Wees waaksaam en bid sodat julle nie in die versoeking kom nie. ’n Mens se gees is wel gewillig, maar jou liggaam hou nie altyd by nie.” —Matteus 26:41 NLV
Die aand voordat Jesus gekruisig is, het Hy die dissipels vergader in die Tuin van Getsemane en een versoek aan hulle gerig: Wees waaksaam en bid sodat julle nie in die versoeking kom nie. ‘n Mens se gees is wel gewillig, maar jou liggaam hou nie altyd by nie (Matteus 26:41).
Al wat die dissipels moes doen was om wakker te bly en te bid, maar hulle het aanmekaar aan die slaap geraak. Jesus aan die ander kant, het gebid, en ‘n engel het Hom kom versterk in die gees, om Hom te help om die kruis te verdra. Die dissipels het nie gebid nie – hulle het geslaap – en dit het bewys dat die vlees werklik swak is.
Vir my bewys hierdie storie net weer die kritiese belangrikheid van gebed. As Christene moet ons besef dat sonder daaglikse gebed en interaksie met God, het ons niks.
Ons almal sukkel om te lewe met ons “swak vlees”, maar wanneer ons gebed ‘n prioriteit maak, sal God ons sterk maak in die gees, ons help om die beperkings van die vlees te oorkom.
Waarop vertrou jy vir krag vandag? Jou vlees? Of ervaar jy die krag van God wat Hy genadiglik vir ons gee as ons na Hom toe kom?
Gebedsbeginpunt
God, ek dank U vir die krag wat U my gee as ek bid. Ek weet dat sonder U is ek swak, so ek kies om gereeld na U te kom in gebed, wetende dat U krag meer as genoeg is vir my.