Dink voor jy praat

Moenie te gou praat nie … – Prediker 5:1

Dit het ’n paar jaar gelede mode geword om in staat te wees om baie dinge gelyk te kan doen – en dikwels is dit vandag nog ’n vereiste in vele posbeskrywings. Daar word van mense verwag om allerhande take gelyk uit te voer en allerhande ver­antwoordelikhede en verpligtings na te kom sonder dat iets agterweë bly. Ek glo nie dit is ’n ideale situasie nie en ek dink nie so ’n besige lewe met soveel verpligtings behoort ons daaglikse roetine te word nie. Om die waarheid te sê, ek dink dit veroorsaak baie stres as ons te veel dinge gelyk probeer doen en dit voorkom dat ons die lewe geniet.

Ons is geneig om ‘te gou te praat’ en ons beskikbaar te stel vir allerhande dinge waarvoor ons nie regtig tyd het nie en wat ons nie regtig hoef te doen nie. Moenie soveel hooi op jou vurk laai deur ‘te gou te praat’ en te veel dinge aan te pak nie. Fokus liewer op die een ding waarmee jy besig is. Sulke konsentrasie verg dissipline, maar dit is die moeite werd omdat jy die huidige oom­blik baie meer sal geniet.


Kraggedagte

Ek leef in die oomblik en bepaal my aandag by die taak waarmee ek besig is.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon