“Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld of beangs word nie.” —Johannes 14:27 NLV
Toe Jesus die aarde verlaat het, het Hy gesê dat Hy Sy vrede by ons gaan los. Maar die besluit wat ons moet maak, is of ons gaan kies om in daardie vrede te leef wat Hy gelos het?
Natuurlik gaan die duiwel oortyd werk om jou omgekrap te kry. Hoekom?
Want hy weet dat as jy jou vrede verloor, kan jy nie van God hoor nie.
As jy na jou lewe kyk, sal jy verstom wees om te sien hoeveel keer per week Satan ‘n aanval teen mens loods, bloot net dat jy jou vrede kan verloor.
Toe ek dit uiteindelik begin raaksien in my lewe, het God in my gees gesê: Joyce, as die duiwel jou vrede so graag wil hê, dan moet daar iets kragtig wees rondom die idee om in vrede te lewe.
Dis waar! So nou as die duiwel probeer om my vrede te steel, geniet ek dit om daaraan vas te hou, wetende dat ek die geveg wen. Dit beteken nie ek voel nie ontsteld nie, maar ek kan iets positiefs daaromtrent doen – ek kan myself beheer en kies om doelbewus vreedsaam te wees.
Om doelbewus vreedsaam te wees is iets wat ons vir onsself moet doen.
Sal jy God se vrede kies?
Gebedsbeginpunt
Here, dankie dat U my met U vrede voorsien het. Wanneer die duiwel probeer om my vrede te steel, wys my sy planne. Ek sal nie toelaat dat hy my vrede steel nie. In plaas daarvan sal ek geankerd in U bly.