Petrus sê toe vir Hom: ‘Here, as dit regtig U is, laat my dan op die water na U toe kom.’ ‘Kom dan,’ het Jesus gesê. Petrus klim toe oor die kant van die skuit en begin op die water na Jesus toe loop. – Matteus 14:18–29
Toe Petrus uit die boot klim, het sy optrede gespreek van die geloof wat hy in God se woorde gehad het toe hy Jesus hoor sê: ‘Kom!’ Vra God van jou om iets te doen en jy wag om eers veilig te voel? As dit so is, is dit nie geloof nie. Om groter dinge te kan hê of doen, word gewoonlik van ons verwag om die dinge wat ons het te laat vaar, en die onbekende in te gaan.
God het vir Abraham gesê om sy land, sy huis en sy familie agter te laat en na ’n land te gaan wat Hy vir hom sal aanwys nadat hy met die reis daarheen begin het. Abraham moes vertrek sonder dat hy geweet het waarheen hy op pad is; dit is geloof!
As jy gelooftreë gee om gehoorsaam te wees aan God, sal jy sy getrouheid ervaar en sal jou geloof sterk word. Moenie toelaat dat vrees jou terughou nie – God sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie.
Kraggedagte
Ek is nie bang om ’n geloofstree te gee nie.