Drie Maniere om Vrede te Beoefen

Drie Maniere om Vrede te Beoefen

U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. (Jesaja 26:3)

Ek glo dat een van die sleutels tot handhawing van vrede in jou lewe is om elke dag klein treetjies na vrede te neem. Hier is drie wenke tot ‘n rustiger leefstyl.

  1. Wees selektief oor hoe jy jou tyd spandeer. Jy probeer dalk te veel dinge doen en op die ou end doen jy nie een daarvan goed nie. Haastigheid is om meer te probeer doen as wat die Heilige Gees jou lei om te doen – raak rustig en word gelei deur die Heilige Gees.
  2. Stel vir jouself grense. Die lewe is vol onderbrekings, maar ons kan leer om grense te stel wat ons help om dit op gesonde maniere te bestuur in plaas daarvan om dit toe te laat om ons te beheer. Skeduleer tye binne perke. Laat jou oproepe na stem-pos gaan, skakel jou e-pos af, leer om nee te sê, ensovoorts.
  3. Luister na die Heilige Gees. As jy sien jou plan bring nie vrede nie, gaan terug na God om die bron van die probleem te vind en maak veranderinge wat jou sal toelaat om ‘n vreedsame lewe te geniet.

Vandag se gedagte

As jy kan leer om jou dag verstandig te skeduleer en die Heilige Gees se leiding deur jou week te volg, kan jy werklik ‘n rustige persoon word. Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Matteus 5:9; Kolossense 3:15

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon