Een Dag op ‘n Slag

Gee ons die porsie brood wat ons vir vandag nodig het. (Matteus 6:11)

God help ons as ons ons vertroue in Hom plaas, nie as ons bekommerd is en ons bekommer oor hoe ons ons toekomstige probleme gaan oplos nie. Wanneer ons vandag gebruik om bekommerd te wees oor môre, het ons vandag vermors. Dit is nutteloos. In plaas daarvan kan ons een dag op ‘n slag na God toe kom, met vertroue op Sy voorsiening.

Ons wandel met God word om ‘n rede ”daaglikse wandeling” genoem: ons het elke dag Sy hulp nodig.

Ons kan uit die skuld kom, oefen, gewig verloor, gradueer aan kollege, ‘n ouer wees vir ‘n kind met spesiale behoeftes, of suksesvol wees in enigiets wat ons moet doen as ons ons vertroue in God sal plaas en een dag op ‘n slag leef. Jesus het gesê om nie bekommerd te wees oor môre nie, want môre sal genoeg moeilikheid van sy eie hê (sien Matteus 6:34).


Vandag se Gedagte

Wandel in geloof en God se genade sal jou elke tree van die pad ontmoet.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Matteus 6:34; Romeine 1:17

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon